Hier hou ek ´n log by van alle films waarna ek kyk. Ek het op 20 Julie 2005 hiermee begin.

01 mei 2006

Inside Man (2006)

http://www.imdb.com/title/tt0454848/
IMDB rating: 7
My rating: 7
As mens sê dit gaan oor 'n bankroof, kan mens maklik dink dat dit maar net nog 'n film is oor 'n bankroof, maar hierdie een het 'n paar interessante kinkels in die kabel. Ek beveel dit aan.
Hierdie film is nie só geweldadig nie, maar ek sal dit nie aanbeveel vir klein kindertjies nie.