Human Trafficking (2005)
http://www.imdb.com/title/tt0461872/IMDB rating: 7.5
My rating: 7
Hierdie film is vir TV gemaak. Dit is 'n ontsettend ontstellende film. Ek het nog net die helfte gesien, maar wil almal aanraai om dit te kyk. Dit is nie 'n ware verhaal nie, maar kon net sowel gewees het, want dit gebeur in die wêreld waar ons leef. Hoewel die tema baie seksueel en ontstellend is, word dit nie uitgebuit in die film nie. Inteendeel, die film versag die tema eerder. Nie dat dit dit soveel makliker maak om te verteer nie.
Nie vir kinders nie, maar ouers kan gerus hulle kinders opvoed om waaksaam te wees hiervoor.


0 Comments:
Een reactie plaatsen
<< Home