The Da Vinci Code (2006)
http://www.imdb.com/title/tt0382625/IMDB rating: 6.5
My rating: 7
Die voordeel daarvan, as ´n fliek oral afgekraak word, is dat mens vinnig verras word deur die film. Ek het ´n jaar of wat terug die boek gelees, so ek het nogal uitgesien na die fliek. Ek was verseker nie teleurgesteld nie. Daar was plekke waar ek gevind het dat die film te vinnig oor sommige details gaan en andere plekke was weer langdradig, maar ek dink ook dat DVC nie ´n maklike boek is om te verfilm nie.
Mens moet jouself oopstel voor jy die fliek gaan kyk, want daar word op ´n alternatiewe manier na die Christelike geloof gekyk.
Ek sien nie waarom alle ouderdomme nie na die fliek kan kyk nie, maar ek sal wel die kinders begelei... (Daar is bietjie bloed ook in die film!)


0 Comments:
Een reactie plaatsen
<< Home