Hier hou ek ´n log by van alle films waarna ek kyk. Ek het op 20 Julie 2005 hiermee begin.

24 april 2006

Scary Movie 4 (2006)

http://www.imdb.com/title/tt0362120/
IMDB rating: 5.5
My rating: 3
Nou ja, ek moet bieg dat ek 'n keer of twee lekker gelag het. Maar dit was nie genoeg om hierdie fliekie enigsins die moeite werd te maak nie. Onder andere "War of the Worlds", "The Village", "Saw", en "The Grudge" kom verby.
Vir (byna) alle ouderdomme.