Hier hou ek ´n log by van alle films waarna ek kyk. Ek het op 20 Julie 2005 hiermee begin.

18 april 2006

Hostel (2005)

http://www.imdb.com/title/tt0450278/
IMDB rating: 5.9
My rating: 6
Hierdie is nie ´n film vir mense wat swak mae het nie! Die film loop oor met grafiese geweld. Maar, as mens dit regkry om verby die swak acting, die vele topless meisies en die bloed wat vrylik vloei, te kyk, is dit tóg ´n genotvolle film! Dit sal egter in ´n klein groepie mense se smaak val.
Beslis nie vir kinders nie.