Hier hou ek ´n log by van alle films waarna ek kyk. Ek het op 20 Julie 2005 hiermee begin.

01 april 2006

Final Destination 3 (2006)

http://www.imdb.com/title/tt0414982/
IMDB rating: 6.2
My rating: 5.5
Die derde in die reeks is ook weer ´n herhaling van die wenresep. Nadat ´n paar mense op nommer 99 van die dood ontsnap het, begin hulle een vir een op baie brutale en bloederige wyses om te kom... Wie´s volgende?
Verseker te bloederig vir kinders en vir Ouma´s en Oupa´s ook!