Hier hou ek ´n log by van alle films waarna ek kyk. Ek het op 20 Julie 2005 hiermee begin.

22 maart 2006

Capote (2005)

http://www.imdb.com/title/tt0379725/
IMDB rating: 7.9
My rating: 6
Philip Seymour Hoffman verdien verseker die Oscar wat hy vir sy vertolking van die rol van man Capote gekry het. Maar og, ek het sy aksent sóóó superirriterend gevind. Die fliek self is ook maar lank en vervelig.... Party mense sal seker rave daaroor, siendie dat hy nogal ´n hoë rating op imdb gekry het.
Vir alle ouderdomme.